LAERSKOOL
BURGERSFORT
REüNIE 1953-2003
Liewe oud Burgersforter,
Na 50 jaar, sowaar, gaan ons hier by onse skool reünie hou.
'n Program het ons beplan, en doen net wat ons kan.
Van oud tot jonk moet 13 September hier wees,
so vang ons almal gees.
Om 11:00 kom ons van wyd en syd bymekaar;
En kuier voort tot wie weet waar.
Om 12:00 doen ons kroos massagimnastiek,
Om 13:00 gaan ons jul met sang bekoor.
Om 15:00 is dit boeresport
Van kierie-aflos tot kampioenkos
en dan begin ons om 17:00 braai
en kan almal kuier tot hanekraai.
Pak vir jou en jou gesin ' n piekniekmandjie met ontbyt en eetgerei;
Deur die dag is daar 'n bier- en teetuin met boerbrakke en ander snoepery.
Vir die aand se braai sal daar vleispakkies verkoop word,
Pap, sous en slaai sal daar wees, bring net jou eie bord.
Help ons asseblief om te adverteer!!
So voorkom ons spyt en hartseer.
Laat weet ook asseblief as jul kom, anders bly ons getalle dom.
Kontak asseblief vir Ria Streicher by 013 2318084 of
Faks vir ons by 013 231 7609 of
Epos vir ons by burglaer@lantic.net die volgende inligting
Naam en van:
Jare by ons skool:
Hoedanigheid: Hoof/Onnie/leerling/ouer:
Tel/sel no.:
Faks no.:
Epos adres:
Adres:
Aantal persone wat kom: